Wednesday, 17 February 2010

Wie gaan die kruiwa stoot?



Wat help dit dat jy jou eie staat besit maar jy kan nie spog om te sê dat jou nasie die land bou nie. Hier uit lei ek af dat die belangrikste skanier van 'n land, hande is wat die werk kan doen, fisiese arbeid. Verder lei ek af dat 'n miljoen rand nie 'n sent werd is as jy dit onder jou matras wegsteek nie, in tyd sal die waarde daal.

Sonder fisiese produksie wat gelewer word, kan 'n land nie bestaan of onderhou word nie. Inteendeel kan die spoed van 'n staat se groei bereken word deur sy gemiddelde fisiese arbeid wat verrig word per jaar. In 'n geestelike sin is die Afrikaner volk weggevoer van sy nasionalisme en land na die 1994-oorgawe. Net soos die Israeliete weggevoer was deur Nebuchatnezzar in 597 vC en in ballingskap verkeer het in Babelone. In 538 vC word hulle vrygespreek om terug te keer na Israel maar meeste het agtergebly of na groter stede verhuis. Hoekom?

Israel moes weer van die grond af opgebou word wat fisiese arbeid sou kos, 'n verandering in leefstyl en die moeite en lang reis van 'n 1000 km, soos die kraai vlieg. In die liedjie 'RIVERS OF BABELON” verlang hulle vreeslik na hul staat maar toe die oomblik aanbreek het baie liewers die moderne groot, alreeds onwikkelde stede verkies met al hul moontlikhede.

Net soos die Afrikaner wat liewer in die geestelike ballingskap verkeer of oorsee verhuis na onmiddellike moontlikhede voordat hulle die moeite sal doen om letterlik van vooraf te begin en kruiwa te stoot, eie gras­perk sny op 'n warm Saterdag. Dit sal betreklik moeilik wees om 'n Afrikaner weg te ruk van sy 'shopping mall's' en Saterdag rugby by 'n volgepakte stadion. Die Afrikaner verlang ook vreeslik na sy verlore staat, die liedjie “DE LA REY” maar sit net 'n paar honderd km van een af.

Dit is dan so dat geen fisiese arbeid verrig beteken geen eiestaat. Ons sal die werkers moet respekteer en help om op die been te kom en 'n volle toekoms met menswaardigheid te lewe.

Ek dink dat die arbeiderskwesie wat 'n enkele skanier is wat die groei van 'n staat bepaal as eerste prioriteit in ag geneem moet word in woord en daad en op grondvlak. Hier kan ons nie net oë toekryp en hoop dat iemand anders die kruiwa gaan stoot of iemand anders gaan kry wat dit verniet gaan doen nie, of sit en wag vir die Afrikaanse berbers (Afrikaanse trekvolk wat 'n werkie sal verrig vir 'n paar sente en dan weer op pad is). Die benadering los nie die langtermyn arbeiders probleme op nie.

No comments:

Post a Comment