Wednesday, 17 February 2010
Die Afrikaner legende.
Ek gaan nou seker lekker op tone trap en paar heilige koeie se hormone hel hoog op stoot. Ek voel net dat dit is nou tyd om bietjie ys water op die ou hol rug geryde ou donkie te gooi. Mense! My volk! My mede Afrikaans sprekende Suid Afrikaners! Asseblief! Ek vra mooi! Skrik wakker en ruik verotte karkas van die dooie Afrikaner. Hy is dood! Hy het nog nooit geleef nie! Dit is en was ‘n legende! Dit was ‘n strooipop. Die Afrikaner het nog nooit bestaan nie. Afrikaans prekende Suid Afrikaners wel!
Ek weet sommige sal nou seker weer galbraak. Die rede hoekom ek so sê is dat die sogenaamde Afrikaner nog nooit kon saam staan as een nie. Vandat die eerste “dwars trekker” sy wa gepak het en uit die Kaap getrek het, was daar nog net onmin. By elke halte was daar ‘n gestryery oor wie is wat en wie loop voor en wie moet wat doen. Dan split die groep en daar neuk hulle weer in verskeie rigtings die wildernis in. Dan wonder mense hoekom was dit so maklik vir die Britte om die land te regeer?
Hoe kan ‘n volk homself iets noem as hy nog nie saam kon staan as een nie? Niks het nog regtig verander intussen nie. Die onmin is selfs vandag nog aan die gang. Hoe op aarde dink die soge naamde Afrikaner gaan hy die mas opkom as daar verdeeldheid is. Dit baklei in die kerk, met die bure, selfs deesdae op die internet gun ons mekaar niks. Ewige vertrapping van die naaste. Daar word gehang aan verstokte geskiedenis en gebeurtenisse. Dink jy vir een oomblik dat slegs Afrikaners het in die konsentrasie kampe gesterf?
Onthou dat Afrikaans is slegs ‘n taal soos Engels of Frans. Braaivleis, rugby, sonskyn en hevrolet is nie ‘n kultuur nie! Dit is aktiwiteite wat baie nasies geniet. Net omdat jy die koeksister vleg kompetisie wen maak nie van jou ‘n Afrikaner nie, net soos die Koedoe-bok-drol-ver-spoeg Kampioenskappe nie van jou een sal maak nie. Wanneer gaan ons as Afrikaans sprekendes tot die besef kom dat ons is deel van ‘n nasie en land? Ons is Suid Afrikaners. ‘n Duits sprekende Switser is eers ‘n Switser en dan ‘n Duits sprekende Switser. Nie anders om nie. Hoekom kan ons nie eers Suid Afrikaners wees en dan Afrikaans sprekend? As gevolg van die gedurige bakleiery in die openbaar en in die media en blogs maak ons net meer belaglik in die oë van die wêreld.
Onthou julle nog die leuse op die ou landswapen? “Eendrag maak mag.” Die leuse op die frikaner landswapen lees: “Tweedrag breek krag”!So ek stel voor dat jy sommer dadelik die oorblyfsels van die legendariese Afrikaner by die agterdeur uitvee en nuwe blaadjie omslaan. Vergeet wat ouma en oupa, die Broederbond of die NG Dominee vir jou geleer het oor die “volk”. Die volk wat nog nooit was nie het gevrek!
Begin jou nuwe dag as ‘n Suid Afrikaner en dan Afrikaans sprekend! Glimlag vir jou buurman. Gaan maak vrede met die persoon wat jy so verag en van kwaad praat. Asseblief! Vergeet net van die Afrikaner! Hy is en was nog nooit gewees nie, sal ook nie wees nie. Los dit vir storietyd!
http://www.onrustig.com/sommer/afrikaner/
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment