Wednesday, 17 February 2010

UIT ROEP VAN ‘n EKONOMIESE REVOLUSIE



UIT ROEP VAN ‘n EKONOMIESE REVOLUSIE :
DIE EERSTE AFRIKAANSE INTERNE REVOLUSIE 2010
[‘n Revolusie om Ekonomiese Emansipasie van die Afrikaner-Imperialis]

Vir dekades al, sedert Apartheid tot in Demokrasie, het die bevoorregte, blanke elite Afrikaner die armes in Suid-Afrika verdruk. Hulle imperialistiese neigings het nie eers hulle eie mede Afrikaner ontsien nie. Hulle verdruk nie net almal rondom hulle nie maar verstoot tot die wat hulle, hul eie noem. Vermy en lewer gewetenloos die hulpeloses uit aan al die wrede elemente van ‘n verarmde leefwyse. Dekades al in Suid-Afrika moet die algemene verarmde gebuk gaan onder die juk van Afrikaner Imperialis se individualistiese wins en selfverryking.

Die tyd het nou aangebreek dat die verontregtes die Afrikaner verdrukkers van die verlede en hede ontmasker word. vir wie en wat hulle regtig is. Dat die ontmaskerde verdrukkers se huigelaary, bedrog en skending van menseregte ontbloot word aan die wereld.

Vir te lank wandel diè verdrukkers tussen hulle landsburgers onder ‘n mantel van broederskap, mensliewenheid, met hulle organsisasies wat die armes kwansuis help. Maar onbekend aan die ware Afrikaner sit die mede-Afrikaner broers in hulle eie komitees en bedink die ondergang van die armes, sit hulle en beplan aan hulle eie winsgrense. Vir te lank het die algemene verarmde gesit met ‘n hoop en vertroue in hulle mede-Afrikaners, Boere-broers vir ‘n toekoms. Maar tot hulle skok was hulle net begroet met ‘n valse hoop tot ‘n beter toekoms.

Steeds in die nuwe bevryde Suid-Afrika is die Apartheids-onderdrukkers besig met mense skendings, met die vertrapping en vernedering van die alreeds minder bevoorregtes deur wyse van ‘n imperialistiese, kapitalistiese ekonomiese houvas wat hulle steeds behou het, al is Suid-Afrika al vir sestien jaar polities vry van hulle en demokraties verkose. Hulle voed hulle mede-Afrikaner met ‘n snytjie droë brood met beloftes om bevryding. Met beloftes dat hulle sal hulle uit verdrukking lei, maar hoe kan die verdrukkers die onderdrukkers tot vryheid lei?
Die Apartheid-verdrukkers, die skuldiges van die verlede is nie deel van ‘n volk nie, hulle het geen belang by hulle volk nie, hulle is suiwer imperialiste wat dit hulle kultuur, erfenis gemaak het om minder as die minimum loon te betaal, instandhouers van armoede te wees, instandhouers van die ekonomiese ballingskap van die armes in Suid-Afrika te wees.

Nou in ‘n tyd van ekonomiese onsekerheid maak die verdrukkers van die verlede nog steeds tyd vir daaglikse vertrapping en vernedering van alle onbevoorregtes. En wanneer daar niemand meer sal oor bly, sal hulle tot hulle eie bloed familie vergeld vir hulle imperialistiese drome. Hulle vernietig die drome van ander rondom hulle, hulle plunder nie net lewensonderhoud nie, maar hulle plunder die menswees van die verarmde Suid-Afrikaner.

Daar is geen stop aan die Afrikaner-verdrukkers nie, hulle misdade is nie net teen die verarmdes nie maar teen die mensdom self. Hulle is besig om die verarmde in die verderf in te lei deur lee beloftes. Beloftes van ‘n beter toekoms, maar gegrond op eie verryking. Die minimum loon werker wat ook in gesluit word as die arm Afrikaners word gedryf om in opstand te kom teen hul bloed genaamd die Afrikaner imperiaalis,kapitaalstryders onderhouers van verdrukking. Maar in hulle soeke na ekonomiese emansipasie sweet die armes bloed, stort hulle hulle menswees uit terwyl die Afrikaner imperialis net agter oor sit en homself verder verryk.

Die apartheid-verdrukkers, verdrukkers van die verlede het geen intensie om ooit werklik terug te ploeg in die behoud van sy land, nog te sê eie volk nie, sy weggesteekte agenda’s is gegrond op eie verryking ten koste van verarming van die reeds verarmde.

Hulle beroep hul self op valse patriotisme, op valse Afrikaner nasionalisme om die verarmde Afrikaner hoop, geloof en fisiese krag te gee. Hulle beywer hulle om te veg vir die Afrikaner se regte, maar hulle veg eindelik net vir meer winste, meer grondbesit, meer eiendomskrag.
Vryheid vir die Afrikaner, ‘n eie Afrikaner volkstaat is enkele bedrieglikhede waarmee hulle die arme Afrikaner wil gebruik om ‘n onnodige revolusie te lei, om die verarmde Afrikaner as voorlinies te gebruik om n laer te vorm van veiligheid om hulle sodat hulle ongehinderd voor kan gaan met hulle bose beplanning van verowering en plundering van die alreeds verhongerdes.

In hulle hebsug wil hulle onskuldige mense saam sleep.. Die Afrikaner is vry maar die Afrikaner is nie vry tussen sy eie Afrikaanse mense nie. Die Afrikaner se verdrukking kom vanuit die Afrikaner self. Vanuit imperialisme wat in die selfsigtige Afrikaners se natuur gesetel is vir oor die 350 jaar.

Die verdrukkers van die verlede is valse volksgenote, skyn-afrikaners wat nie sonder die verarmde Afrikaner se sweet, bloed, eerlikheid en lojaliteit kan leef nie. Hulle grootste vrees is dat die verarmde Afrikaner sal besef in die demokratiese bestek van Suid-Afrika is hulle eintlik vry, is hulle nie genoodsaak tot armoede nie, dat hulle onderdrukkers maar nog altyd net die Afrikaner/Boere self was.

Dit is nodig dat geregtigheid kom vir die weerlose verarmdes in Suid-Afrika. Dat die werklike onderdrukkers naamlik die wit Afrikaner kapitaliste van ouds ontmasker word as die gewetenlose imperialistiese verdrukker van nou en van toe. Dit is nodig dat die verarmdes van die Afrikaner verdrukkings se juk bevry word, sodat hulle ‘n toekoms kan vind sonder verdrukking en verhongering. Alles gevolge van hulle die selfsugtige skyn-Afrikaner
As Anti-Imperiaalistiese aktiviste word daar ‘n begeerte gekoester vir ons land sonder Afrikaner imperiaalisme. Waar daar gebou kan word aan ‘n land waar voorspoed en geluk aan almal behoort. Waar almal vry en ekonomies bevry kan leef, ongeag kleur, volk, taal of etniese afkoms. In ‘n vrye land waar almal gelyk is polities sowel as ekonomies.

Reg oor die wereld is dit n stryd om te oorlewe vir die armes en in Suid Afrika is dit die selfde vir die onbevoorregtes. Hulle belangrikste prioriteit is om huisvesting te vind wat bekostigbaar is. Om iets te vind om te eet is ook vir sommiges n daaglikse strewe. Hulle daaglikse oorlewings taak word grootter by die dag, om nie honger te ly en uitgelewer te word aan natuurlike elemente soos koue & hitte nie. In krasse teenstrydigheid is die bevoorregte Afrikaner se tafels bedek met melk, heuning en vleis. Nie eers hulle krummels gaan na die verarmde toe nie.
Die vraag is hoe lank gaan die armes van Suid-Afrika te vrede wees met so ‘n leefwyse? Hoe lank gaan die Afrikaner verarmde te vrede wees om deur hulle mede Afrikaner broers en susters verdruk te word? Hoe lank gaan die minimum loon werker in Suid-Afrika te vrede wees dat hulle sweet, hulle bloed, hulle wanhoop die verdrukker van die verlede verryk.

Die verdrukkers beywer hulle ook vir die behoud van die Afrikaner toekoms maar in teendeel is dit die behoud van weelde en geldsig onder die naam van Afrikaner sentiment, gebou op ‘n valse sin van volks behoud.

Die verarmde Afrikaners wil geen assosiasie of deelagtigheid he met die apartheid verdrukkers van die verlede nie.Die arm Afrikaner vermy en verstoot die kapitaalstryders van die verlede.. Hulle is nie deel van die werklike Afrikaner volk nie. Hulle is nie deel van ons wat swaar kry nie, hulle is nie deel van ‘n volk wat wil saamleef met ander volkere nie, hulle is net deel van hulle eie mensgemaakte imperiaalistiese stelsel. Die verdrukkers moet hulle eie heil uit werk sonder die hulp van die minimum loon werkers of die verarmdes. In hulle uur van nood, wanneer imperialisme val, sal hulle uitgelewer staan soos die verarmde uitgelewer staan tans.

Die werkbare verhouding tussen die bevoorregtes en die armes word onder hou deur beloftes van voorspoed, van goeie kompensasie. Maar in werklikheid is dit slegs misbruiking van die werkersklas tot bevoordeling van die imperialiste. Die Afrikaner imperialis maak beloftes, wat hulle nie nooit na kom nie, maar slegs om hulle eie winste en opbrengste te laat groei. Die vergoeding van die werkersklas word slegs jaarliks met ‘n geveg verhoog gebasseer op ‘n persentasie van die reeds swak betaalde vergoedingspakkette. Dit is ook net van toepassing waar Vakbonde regte het. In die meeste Afrikaanse ondernemings, werksplekke en Landbousektor is jaarlikse verhogings gebou op die diskressie van die Afrikaner Werkgewer.

Ongeag hulle winste, is nee hulle finale antwoord. Die werkbare verhouding tussen Imperialis en Werker is gebou op ongelyke speelvelde, die vakbonde het te min krag om werklik ‘n verskil te maak want die werklike krag van die ekonomie is nog te veel in die hande van die wit Afrikaner Imperialis.
Die Afrikaner-verdrukker was die heersers in die verlede en vandag is hulle dit steeds. Hulle handhaaf steeds hulle voorspoedige lewenswyses waar hulle al die mag en se besit. Vroeër het hulle die Politieke mag in Suid-Afrika besit en gebruik om te heers, vandag heers hulle deur die ekonomie gevange te hou aan hulle imperialistiese stelsels.

Die werkersklas vandag onder heerskappy van die Afrikaner Imperialis moet te vrede wees met haaglike standaarde en vergoeding wat net nie vergoeding is nie.

Hoe het die gaping tussen arm en ryk so groot geword, dat dit werelde van mekaar verskil? Redes is te vind dat die rykes het al hoe meer die armes / werkersklas begin misbruik tot hulle eie voordeel. Hulle het hulle politieke heerskappy verloor maar hulle het hulle houvas net op die ekonomie verskerp. Wetend dat dit hulle so in beheer van Suid-Afrika bly. Die ongesiende leiers van die land.

Die Imperialiste met hulle voorgrond organisasies het beheer geneem sonder dat hulle in beheer in gestem is. So verskuil heers hulle steeds vandag uit die stoele van sakemanne, en leiers in die ekonomie. Hulle het die werkersklas, armes in hulle diens en staan skoon en vry van bloed sweet. Die imperialiste is verantwoordelik vir hulle eie voorspoed, ten koste van die armes, so sal hulle ook verantwoordelik wees vir hulle eie ondergang.

Ons staan ook in solidariteit met mense regoor die wereld wat gebuk staan onder die ysterhand van imperialisme. Imperialistiese verdrukkers is regoor die wereld te vinde.
In solidariteit glo ons dat swaar kry vir een is swaar kry vir almal. Vryheid van verdrukking en hongerlose dae is vir almal, deur ‘n aktiewe weerstand teen imperialiste en kapitalisme kan die mag van die heersers van gister, die Apartheid heersers verbreek word.

Imperialiste / Kapitaliste weet dat soos masjiene energie nodig het om te werk net so moet ‘n werker ook kos kry om te werk en voort te lewe. Die Afrikaner Verdrukker besef dit en gebruik dit deur “nodige” beheer toe te pas om hulle eie toekoms te verseker. Hulle beheermeganisme is gesetel om die werker aan hulle self vas te ketting, deur hulle net genoeg te betaal om aan die lewe te bly, maar net te min om ‘n ordentlike lewe te leef. So word ‘n ewige kring loop begin deur verdrukking-haat-verwyt-verdrukking- aanvaarding-verdrukking-verdrukking in die lewe van ‘n werker.

Moderne kommunikasie tegnologie en hulpmiddele moet aangewend word om die verdrukkers se misdade teen die werkersklas, teen die mensdom bloot te lê. Dit letterlik aan die groot klok te laat hang, vir bespreking, bevraagtekening en ondersoeke. Die ontkenning van misdade deur die imperialiste, en kapitaliste is nie ‘n wyse om onskuld te vind nie. Deur ontkenning van sulke misdade, is dit nie uitgewis nie.

Die imperialiste glo dat die werkersklas, die verarmde wat permanent onder die las van verdrukking staan, niks het om oor te kla nie aangesien hulle wel vergoeding ontvang. Maar dit is ‘n leuen waaraan hulle vaskleef om hulle eie misdade te ontken, hulle eie gewetes te verkrag. Hulle beloftes vir ‘n beter toekoms wat tot ‘n vals hoop by armes lei, is net ‘n wyse hoe die verdrukkers hulle eie bedroglikheid gebruik om hulleself te regverdig en tot helde te verklaar. Hulle wiI met een hand help om gesien te word, maar met die ander hand neem hulle ‘n toekoms weg van ‘n arme deur hulle drome te vernietig deur sinlike beloftes wat nooit in vervulling sal kom nie. Hulle beloftes sonder vervulling is gemik op hoër produksie syfers, op hoër invorderings, dit is nie gemik om die werkersklas te bevoordeel nie. Inteendeel dit is gemik om die armes verder te verarm.

‘n Stryd teen die Verdrukkers van die verlede, teen die imperialiste is ‘n moet en ‘n nodigheid sodat daar ekonomiese emansipasie kan kom. Dat die kettings van ongeregtigheid verbreek kan word en die werkersklas kan opstaan om ‘n lewe te voer waar menslikheid en respek ‘n sentrale kern vorm. ‘n Stryd om hulle daaglikse afbrekende, vernederings stop te sit. ‘n Stryd om bevry te word van imperialisme. Want die ysterhand van imperialisme strek tot in die dood, tot in die dood wil die imperialis sy pond vleis hê. ‘n Ekonomiese Revolusie moet gelei word teen die verdrukkers van die verlede, teen die Apartheid-verdrukkers, teen die wit Afrikanerbroeders wat hulle volk wil vernietig. ‘n Ekonomiese Revolusie waar weerstand gebied word teen die indringende magte van imperialisme soos dit vandag gevoer word in Suid-Afrika. Ons moet opstaan teen ‘n imperialistiese / kapitalistiese stelsel waar ons as die werkersklas van Suid-Afrika meer menswaardigheid verdien, geregtig is om in die rykdom van hierdie land op ‘n gelyke basis met almal te deel, waar die land aan almal behoort ongeag ekonomiese status, ongeag wat jy besit en nie besit nie, ongeag wat jou beroep is. Ons moet opstaan en vreedsame maniere vind om teen imperialisme, kapitalisme te veg deur vir regverdige ekonomiese gronde te veg.

Die tyd het aangebreek waar alle organisasie, bewegings wat teen verdrukking, wat teen imperialisme en kapitalisme gekant is, te verenig en saam te veg vir ekonomiese emansipasie van almal in hierdie land.Ons as stryders teen imperialisme, kapitalisme en enige vorme van uitbuiting van die werkersklas, van die armes verwag niks minder as verandering nie, verandering ten gunste van almal woonagtig in Suid-Afrika.

Ons as stryders teen imperialisme, kapitalisme en enige vorme van uitbuiting van die werkersklas, van die armes verwag dat ons in die rykdom van hierdie land sal deel, en dit sal gebeur in ons generasie nog. Dat dit werklik ‘n vry land sal wees waarin almal gelyk is en almal in dielfde maat ekonomiese voorspoed sal geniet.

Ons as stryders teen imperialisme, kapitalisme en enige vorme van uitbuiting van die werkersklas, van die armes verwag dat die misbruike in die arbeids sowel as ekonomiese vlakke aangespreek sal word. Dat geen winste uit bloed gemaak word nie.

As anti-imperialiste verwag ons dat ‘n ekonomiese revolusie gelykmaking sal bring, dat onderdrukking sal stop. As anti-imperialiste verwag ons ‘n lewenswyse vir almal waar hulle nie onder of net op die broodlyn sal leef nie, maar ‘n lewe van gehalte.

Die sukses van ‘n ekonomiese revolusie sal gemeet word slegs aan die val van imperialisme en kapitalisme. Dit het tyd geword dat die Imperialiste van vandag hulle sake van goud, verkry deur die stort van armes se bloed, moet deel met die wat bloed gesweet het daarvoor. Herverdeling van imperialistiese rykdom. Hulle sal moet gewoond raak om met minder klaar te kom in die lewe, om ‘n toestand van 'mede- deelsaamheid ' te vind.

Dit is nodig dat hulle weer leer wat die ware waarde van lewe is. Dat die lewe nie bestaan uit ‘n verdrukker en verdrukte nie. Dat die lewe nie verkry kan word deur om ‘n ander te onderdruk nie. Dat die lewe nie gekoop kan word deur die sweet van ‘n ander nie. Dat daar geregtigheid is waaraan almal se dade gemeet sal word. Waar ontkenning van hulle misdade, hulle nie onskuldig gaan maak nie. Hulle sal moet leer om skuldig te pleit teen die wandade van hulle imperialisme teenoor hulle medemens, teenoor almal wat in Suid-Afrika onder hulle gebuk moes gaan.
Die ekonomiese revolusie eis ook ‘n Waarheids-Kommissie oor al die ekonomiese gruwels wat in die Apartheidsjare en huidiglik gepleeg is deur imperialiste en kapitaliste. Dat daar Pa gestaan moet word vir die seer wat aan die werkersklas gedoen is. verantwoording moet geeis word vir die verarming van ‘n land se burgers.

Ons as anti-imperialiste sal opstaan uit die arm-klas, uit die werkersklas en ons sal poog om die sieninge van die publiek wat beinvloed is deur imperialisme, te verander om medelye te werf vir die wat geval het as gevolg van die verdrukkers van die verlede, verdrukkers in die Afrikanervolk.

Ons as anti-imperialiste sal betrokkenheid van die minum loon werkers vra om ons te help in ons revolusie na geregtigheid. Terwyl die imperialiste, kapitaliste in hulle huise sit van goud, sal ons op ons voetsool ‘n revolusie lei teen hulle. Ons sal ‘n toekoms eis waarin hulle geen sê het nie. Soos hulle hulle politieke mag verloor het in 1994, so sal hulle ook hulle ekonomiese mag verloor. Ons sal ‘n toekoms eis waarop ons as Suid-Afrikaners geregtig is.

No comments:

Post a Comment