Wednesday, 17 February 2010

Van Vikings tot Vrymesselaars




Aangesien ek en Waldor soms in artikels en kommentare verwys na die Vikings,Nordiese voor -vaders wil ek kortweg iets wat ek onlangs raakgelees het oor hulle geloofs oor -tuigings kwoteer ."Ons noordelike voorvaders het 'n drie-enige God aanbid. Odin, die Almagtige Vader; Freya, sy vrou, simbool van universele materie; en Thor, sy seun, die tussenganger. Maar bo almal was die Aller hoogste God, the skepper van alles wat bestaan, die Ewige, die Antieke, die Lewende..."

Bostaande is my eie vertaling van 'n gedeelte uit Albert Pike se "Morals and Dogma", 'n hand boek vir Vrymesselaars.Terwyl ek nou aant kwoteer is uit hierdie bron sommer ook die volgende:Die Vrymesselaars het ook 'n Tien gebooie waarvan die eerste is:

"God is Ewig, Almagtig, onveranderlike Wysheid en Allerhoogste Intelligensie en On -uitputbare Liefde."

Net na hulle Tien gebooie staan:

"Maar die grootste gebod van Messelary is dit: " 'n Nuwe gebod gee Ek aan julle:
Dat julle mekaar liefhet! Hy wat sê hy is in die lig, en sy broer haat,bly in die duisternis."Vergelyk bostaande met Johannes 13:34 .My eie oortuigings kom nie uit die Vrymesselary uit nie. Ek was nog nooit een nie. Hoe is dit dat mens na baie gebid, gelees en gesoek buite die Ordes en Tradisies op die ou end op iets baie soortgelyks afkom aan wat binne die Ordes gepropageer word. Weerkaats die wêreld hulle leringe of weerkaats hulle die wêreld se leringe of onstaan die twee in weder -sydse interafhanklikheid?

Nou wonder ek:

Wie is hierdie mense en watse invloed het hulle op wêreldgebeure gehad en watse invloed het hulle vandag? Daar word daagliks hordes aantuigings teen hulle gemaak in alle vorme van media. Baie mense beweer dat hulle hoogste lede eintlik Sataniste is. Ander mense dink dit is sommer net 'n klub vir verveelde besigheidsmense. Baie be -weer dat hulle die wêreld wil oorneem en alle mense as slawe behandel. Sommige beweer selfs dat die huidige Pous 'n Vrymesselaar is en dat die Vrymesselaars die ou Rooms Katolieke Kerk geinfiltreer en stelselmatig oorgeneem het oor die laaste eeu .Een ding lyk redelike seker. Ateiste se veldtog teen geloof in God in enige vorm is beslis nie 'n Vrymesselaars initiatief nie. Dit pas beter in die hand van Marx en Kie. Ek sê nie ateiste is ateisties gemaak deur kommuniste nie, net dat hulle stand punt oor Godsdiens baie beter in die agenda van Globale kamtige kommunisme as Fasisme inpas as in enige organisasie wat geloof in God Almagtig as hoeksteen het se agenda. Tensy die top ouens in Vrymesselary ook maar net nog ateiste is wat speletjies met mense se oortuigings en lewens speel.

Deur: AardigeAfrikaner

woes.co.za

1 comment:

  1. Ek het n vraag?.Is die Gode van die Nordiese volke nou nie meer goed genoeg nie.Hoekom moet ons n ander volk(Jode) se straaltjies en verhale aan hang?,wat gesteel deur die Jode van ouer nasies as die Joodse volk self.Hier die Joodse geloof wat Christenskap genoem word het baie ander name..Zionianty,Holochristianty.

    ReplyDelete