Toegepaste apartheid is 'n nuwe phenomena wat uit 'n outomatiese bevooroordeling en onregverdige oordeel spruit onder skaduwee van ondertoonde rassisme soos wat ons almal ken, in die ou dae. Maar die verskil is dat die ondertoonde haat wat toe gepas was teen ander ettiese groepe nou toegepas word deur dieselfde “verdrukkers” van die verlede teen hul eie mense.
Die rede dat die “verdrukkers” van die verlede nog steeds ongehinderd voortgaan met hul gewoontes van verdrukking, nou onder hul eie mense, is dat die arm onbe-voorregte Afrikaner as 'n sagte teiken gesien word deur die gewetenloses van die verlede. Wat se monsteragtige intensie is dit om 'n verhongerde gesin se lewe aan 'n lyntjie te hou met 'n minimum loon, 'n “toekomslose toekoms” die son te groet.
”Volkkapitaalstaat” stryders is nie volkstaatstryders nie.
Die bevoorregtes se swak gedrag van verdrukking word nie meer toegelaat teen ander etniese groepe nie, dit is so geskryf in die wet van die land. Verdrukking, vertrapping, bevooroordeling, rassisme en weggesteekte haat word nie meer toegelaat op die kontinent van Afrika nie.
Na die tweede wêreldoorlog het 'n vlaag van dekolonisering plaasgevind. Oor 'n tydperk van 50 jaar is daar nie meer “baasskap” te vind op die grond van Afrika nie. Die dekolonisasie vlaag het ook die suidpunt van Afrika bereik in 1994. Dit help die Afrikaner Emperialiste niks om teen die prikkels van gelykmaking te skop nie. Hulle sal gedwing word om saam met hul eie te smelt.
Daar sal dan geen rede wees hoekom die arm Afrikaners daagliks sal moet regstaan vir 'n “uiting” van 'n frustrerende “verdrukker” wat ook nou agterkom dat die bietjie sê wat hy oorhet eindelik maar net 'n druppeltjie in die emmer is. Hy sal homself maar moet verlaag en leer om saam met die arm Afrikaner te lewe en weer 'n mens te word met 'n gevoel vir sy eie en homself verenig met die Afrikaner stryd.
No comments:
Post a Comment