Tuesday, 23 February 2010

Broederbond veroorsaak Afrikaner ondergang



Sedert Praag se ontstaan het ek dit ondersteun. As kind het my vader my gewaarsku dat 'n mens nie swartes se beloftes of uitsprake op sigwaarde moet beoordeel nie. Daarom het ek nooit hierdie nuwe bedeling aanvaar nie. Met Praag wat ons mense onder die vaandel van Afrikaans probeer verenig, het ek gehoop die Afrikaner sal weer bymekaar uitkom as 'n nasie.

Ek moet erken ek was skepties. Sal die Afrikaner ooit wegkom van die Broederbondsiening, dat net hulle uitverkore lede die Afrikanervolk is? Hoekom nou juis die naam Broederbond? Hulle leen die begrip rondom 'n broederskap van lede met 'n bepaalde doel by die Vrymesselaars. Vrymesselary is 'n organisasie met geheime maar gedurende die twintigste eeu stig die Broederbond 'n geheime organisasie bestaande uit honderde "losies" van hulle uitgesoekte Afrikaners en rysmier die politiek, die handel, die kerk en elke ander organisasie, selfs sport, met hulle lede wat die beleid, geformuleer deur die opperraad, dwarsdeur die land afdwing. Die beleid was nie tot voordeel van die Afrikanervolk nie, dit was uitsluitlik om die belange van die Bond en sy lede te bevorder.

Die swartes pas vandag werkreservering toe. Waar kom dit vandaan? Hulle het dit gehoor en geleer by hulle Broederbondbase. Die uitvoerende en invloedryke poste is destyds gereseveer vir manlike lede van die Bond. Ander Afrikanermans moes tevrede wees met ondergeskikte poste, onderworpe daaraan of hy as moontlike Bondmateriaal later hulle geledere kan aanvul en/of sy vader of broer of vriend of kennis 'n lid van die Bond was. Die breinkrag van die volk was hierdeur onderworpe aan Broederbondsienings.

Vanaf jou president met sy kabinet tot by die uitvoerende personeel van die staat, die direksies van groot en klein maatskappye, jou kerkrade, jou sportrade met uitvoerende amptenare, die hele boksemdais was onderworpe aan die opperraad van 'n kliek.

Het dit sedert die swartes se oorname verander? Hoegenaamd nie. Die Bond se naam is verander na die sogenaamde Afrikanerbond, maar het dit steeds iets met die Afrikaner te doene? Is 'n Afrikaner vandag nie 'n persoon wat uit Afrika kom nie? Dit verwys bepaald nie na die Boer nie.

Hulle is nog net so bedrywig agter die skerms soos vantevore; dit slaan van tyd tot deur. Dink maar aan taalrade, sportrade. kultuurrade. Kyk na Nasionale Pers se koerante, wat steeds hulle spreekbuise is en luister na die leiers van politeke partye.

Hoekom is die swartes so teen die Afrikaner en sy taal? Hoekom wil hulle ons taal vernietig, waar seer sekerlik negentig persent swartes Afrikaans heeltemal of gedeeltelik magtig is, terwyl hulle slegs in die stedelike gebiede probeer oorslaan na Engels? Wie sit daaragter? Die sogenaamde dubbelmediumonderrig beide op sekondêre sowel as tersiêre terreine. Wie se breinkrag is deurslaggewend op jou skoolrade, universiteitsrade en ander rade? Die swartman luister nog na die witman. Hoewel arrogant met 'n waanwysheid wat ten hemele strek, besef die Bantoe sy toekortkominge. Sonder dat hy daarvoor gevra het, word hy uit sy stroois gehaal, in 'n herehuis gesmyt waar hy die gesofistikeerde denke met al die moderne tegniese hulpmiddels van die Westerling binne 'n dag of twee onder die knie moet kry. Dis sonder hulp en bystand menslik onmoontlik en lede van die Bond is bepaald besig om te help.

Een ding staan soos 'n paal bo water. Die mens is 'n sosiale wese maar bo dit alles is hulle lief om klieke te vorm. Die gevormde kliek onder ander nasies verloor nie die volksgevoel nie. Die klieke by Franse, Engelse of waar ook al sal nie dít wat Frans of Engels is, benadeel nie. Persoonlike gewin uit die kliekvorming bly voorop maar dit strek tot eer van die volk. Selfs ons eie swartes het hulle klieke maar die voordele daaruit strek tot eer van die volk aan wie die kliek behoort.

By die Afrikaner is dit anders gesteld. Die kliek word uitsluitlik vir eie gewin en voordeel gevorm. Op diegene buite die kliek word altyd neergesien en gediskrimineer; na die duiwel wat van die volk of nasie word! Die Broederbond het dit bewys.

Klieke maak die Afrikaner geestelik klein en benepe. Omdat dit net gaan oor die materiële, die kleinlike gesanik of ontevrendenheid omdat die belangrikheid van individue steeds gemeet word aan vertoon. Daardie diepere betekenis om deel te wees van 'n nasie of volk gaan by die moderne Afrikaner verby. Sy hele betaan sentreer om die kliek waaraan hy behoort. Daarom is die Afrikaner geestelik so arm, omdat hy sy volksverband opsy geskuif het. Sy tradisie is soos 'n museumstuk of 'n stukkie papier agter glas in 'n vergulde raam wat teen die mure hang. Die Afrikaner is toenemend onbewus van sy lotsverbondenheid met sy volksgenote wat sterf, in armoede gedompel word, verdruk of verneder word.

Die Afrikaner se stelsel was nie die eerste wat geval het nie - dit het vele ander voorheen oorgekom. As ons net kon behou wat ons vir Suid-Afrika gegee het. Saam met die Afrikaner het beskaafdheid geval, insluitend dié van die barbare wat ons beskaafd gemaak het.

Nou sal die Afrikaner meer as driehonderd jaar - indien ooit - moet wag om dieselfde tydstip in sy geskiedenis te bereik.

Dít alles omdat die mag van geld die volksgevoel deur kliekvorming verdring het.

Dinsdag, 16 Februarie 2010 08:37 Neels de Ridder
http://www.praag.co.za

No comments:

Post a Comment