Leiers en politici volgens ons vyande se reëls gespeel, in hulle howe, in hulle parlament, in hulle staat. Aan die einde van die dag is dit ‘n sirkus, soos oorlede Staatspresident PW Botha gesê het, ‘n mors van tyd, ‘n totale bedrogspul. O hulle is hoogdrawende, welsprekende, kamma-kastig goed-bedoelende en welmenende bedrieërs, maar bedrieërs nietemin. Dis duidelik dat hulle pad net sover kan gaan, en nie verder nie. Vir enige eerlike, opregte Boer is dit duidelik dat harde verset, onverbiddelike konfrontasie en onversetlike weerstand die enigste taal is wat ons vyande sal verstaan.
Maar jy kan ry vanaf Kaapstad na Messina, vanaf Agulhas tot in die Kalahari, vanaf Namakwaland na die Limpopo, vanaf Durban tot by die Oranjerivier se mond, - daar is geen harde verset, geen onverbiddelike konfrontasie, geen onversetlike weerstand nie. Ons is gestroop van enige self-trots. Ons betaal om in ‘n rugby stadion te kan sit en ons swart base se vlag te swaai – en teken nie eens protes aan as die rugbyraad openlik en blatant verklaar dat ons vlag vir hom ‘n verleentheid is nie. Ons verf die kleure van ons onderdrukker op ons bakkies. Ons lek die voete van diegene wat ons volk beledig. Ons aanvaar klakkeloos die vernederings en onreg in ons eie land, in ons eie huise, op ons eie plase. Ons kruip in ons huise weg en bewe van vrees vir die vyandige gepeupel op straat. Ons is gebreek, gehoorsaam aan die wat ons beroof en besteel. Ons is onderdanig, kruiperig, ontman, komieklike lakeie. Mens voel lus om ons leiers aan hulle keel te gryp en te skreeu dat hulle moet ‘n voorbeeld stel as manne, - maar ons is honde. Ons speel honde se speletjies. Ons blaf en tjank soos honde. Ons k@k en kerm soos honde, met hulle sterte tussen hulle bene. Ons gedra ons soos honde. Honde wat tevrede is om onder mekaar te baklei vir die krummels van hulle swart base se tafel af. Honde wat hulle kleintjies oorgee aan hulle swart base se genade in die se skole en universiteite. Honde wat gedienstig en gedwee die hoon van hulle base verdra. Honde wat hulleself natpis met elke skop, elke klap, elke belediging wat byna daagliks aan hulle uitgedeel word.
En moenie staat maak op ons mense wat oorsee gegaan het nie. Die wat nie openlik hul herkoms afgesweer het nie, praat onverdunde stront oor Boer-wees en terugkeer eendag ‘wanneer julle begin skiet’. Maar hulle gee nie regtig om nie. Vra jouself af, jy met broer of seun of familie oor die water: Gee hulle nog regtig om, behalwe dalk vir die jaarlikse piekniek op Geloftedag?
Enige eerlike, opregte Boer beter nie enige illusies koester omtrent sy of haar eie mense nie. Net omdat daar hier en daar dalk hoog opgegee word oor vryheid en verset en die volkstryd en Boerskap en ‘oorlog maak’ in kletskamers en die sogenaamde kuber-ruimte, beteken nog lank nie dat die land se Boere sal uithardloop om werklik in opstand te kom nie. Inteendeel. Laat ons eerlik met onsself wees: Ons eie mense is amper net so gevaarlik vir ons as ons vyande. Ons is te onderdanig, te selfsugtig, te gewoond aan die vyand se gesag, te kruiperig, te gemaksugtig, te afhanklik van meid en tuinjong, te gretig om ‘n pennie te maak uit verraad. Weet dit: As jy werklik in opstand kom, sal meeste van jou eie mense jou en alles wat jy doen haat en veroordeel. En nog help om jou in die tronk te stop ook.
Laat ons reguit praat met mekaar: Ons is ‘n nasie van brandewyn en coke helde. Ons hou daarvan om mekaar warm te praat oor Boerevryheid, Boerekultuur, Boeregeskiedenis, Boeretradisie, Boere-dit en Boere-dat. Maar moenie vra dat ons werklik iets moet doen en opoffer daarvoor nie, apart van slim toesprake op ons rekenaars en ‘n ou traantjie dan en wan oor die ou Suid-Afrika nie. Ons is, hier en nou, ‘n toetentaal ondoeltreffende spul hansworse wat ‘n toetentaal ondoeltreffende volk verteenwoordig. Niemand is so ongeorganiseerd soos die Boerevolk nie. Jy sal jou hare uit jou kop uittrek as jy net die geringste, eenvoudigste plannetjie met ‘n klomp Boere wil uitvoer. Ons is ‘n swak, onderworpe, verdeelde volk van informante. Wat enige volksaksie sal verraai nog voordat die idee by die paar opregtes posgevat het. Wat tien teen een die aksie nog sal aanhits en aanvoer ook, om sodoende hul dertig silwerstukke te verdien.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment