In September 1985 het ‘n groep predikante van verskillende kerke in Pietermaritzburg bymekaar gekom vir ‘n byeenkoms genaamd Nasionale Inisiatief vir Versoening (NIV). Hulle ideaal was ‘n veelrassige samelewing wat so gou moontlik in Suid–Afrika tot stand moes kom.
Hiervoor moes die NG Kerk as grootste Afrikaanse Kerk gewen word. As die Afrikaner se Kerk sou val, sou die pad na die uiteindelike abdikasie van partisie soveel makliker wees.
By hierdie byeenkoms het predikante van die NG-kerk prominent in die trant van die nuwe rigting na vore getree. Na afloop van die vergadering het hierdie NG predikante ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle onbeskroom verklaar het: “Ons het berou oor die wyse waarop ons die eenheid van die kerk geskend het, sowel binne one eie kerk as in die breër ekumeniese verband in Suid-Afrika.”
Dit blyk hulle het die dinge agter PW Botha se rug bekook. Groot geheimsinnigheid omhul vandag nog steeds hierdie vergadering. Die reis en verblyfkostes van sowat 50 predikante wat per vliegtuig soontoe gereis het en van hotelhuisvesting voorsien is, is deur ‘n onbekende donateur deur bemiddeling van die destydse moderator van die NG kerk in Noord-Transvaal betaal.
Hoekom hunker die NG Kerk na die Heidense sataniese bestel? Ons vind hierdie NG Kerk sekte se oorsprong in die Zoroastriese Babiloniese heidendom.
INLIGTING OOR MITHRA:
Mitra, Mithra, Mithras (Romeins); (Ariaans, Mazdean, Mithries, Hindoe, Vedies, Zoroastries; Babilonië, Indië, Persië, Griekeland, Rome). Ook bekend as: Dharmaraha (Indië), Mihir (Persië), Mihr (Pahlav dialek), Shamash, Surya (Indië), Yama (Indië).
‘n Songod. Vrugbaarheidsgod. Graangod.
MITHRA – oorspronklik van Persië (Iran). “God van die boonste lug”, bekende periode van aanbidding circa 400 vC tot 200 nC deur die gebied van Persiese invloed.
MITRA – (Hindoe), is ‘n Babiloniese songod en vrugbaarheids godheid. As ’n Vediese songod en ‘n Hindoe solêre godheid, is Mitra verteenwoordig as ‘n mindere heerser van die dag, terwyl Varuna, die maan, die heerser van die nag is. Hy is mede-bewaker van die wette waardeur die heelal onderhou, en die natuur vrugbaar gemaak word. Hy waak oor kontrakte en vriendskappe. Hy is een van drie gode wie mense se siele beoordeel en heers oor gestorwe geeste. Bulle is geoffer as deel van verbonde of ede tussen nasies. Hy is die beskermer van waarheid, die vyand van leuens, het tienduisend oë en ore, dus is hy alsiende, alhorende en slaap nooit.
MITHRAS – (Grieks-Romeins) naam van die Iranese Mithra, wie se kultus en geheimenisse versprei is deur Romeinse troepe en seevaarders oor die hele Romeinse Ryk gedurende die eerste en tweede eeu nC. As die god van lojaliteit, waarheid en stryd teen boosheid, het Mithras die gunsteling god van soldate geword. Die kultus het vroue uitgesluit en sy rituele is gedurende die nag in ondergrondse vertrekke gehou (mithraea sing., mithraseum, pl).
Die sentrale daad was die slag van ‘n bul – oorspronklik is geglo dit was die god self – ‘n daad wat gelei het tot die ontstaan van die wêreld en/of sy plantegroei. Mithra se oorspronklike identiteit as ‘n god van lig is geleidelik versterk totdat hy verskyn het as die figuur van Sol invictus, die “onoorwonne son”. In die later antieke tyd wys die universele aanspraak van hierdie god in die aantal vertakkinge met ander gode (Mercurius, Zeus, Serapis).
Die Mithraïse Geheimenisse was ‘n eksklusiewe mansklub. Dit het vroue uitgesluit maar mans uit alle ekonomiese vlakke toegelaat om lede te word. Alhoewel oorwegend in Griekeland, was dit baie meer gewild in Rome waar dit in ongeveer 67 vC.E gevestig is. Die aanbidding van Mithra in Rome het baie belangrik geword. Dit is waardeer vir sy geheimenis en etiese sisteem. Die Mithraeum is algemeen gevind in ‘n grot, maar indien een nie beskikbaar was nie, is dit gebou in ‘n ondergrondse kelder.
Sien http://museums.ncl.ac.uk/archive/mithras/frames.htm vir besonderhede oor Romeinse Mithras kultus rituele en kunsskatte gevind in die Verenigde Koninkryk.
ZOROASTRISME - Die Ou Ariaanse godsdiens in die NG Kerk sekte opgeneem.
Zarathustra (Zoroaster in Grieks) het in ongeveer 500 vC gelewe, ‘n hervormer van
Assiro-Babiloniese godsdiens wat monoteïsme voorgestel het aan ‘n voorheen
politeïstiese godsdiens. Sy leringe is opgeneem in die Zend Avesta, waarvan een deel bestaan uit 20 000 verse. Hierdie verse het aan hom die reputasie van vader van magie besorg.
In antieke Indië, Iran, en op ander plekke, was die ‘ideologie’ van ‘n driedelige skeiding van gemeenskap parallel met ‘n driedelige klassifikasie van die gode, prominent onder die Ariane, toe later die Indiërs, het Mithra en Varuna onderskeidelik die regterlike en magiese aspekte van die eerste funksie verteenwoordig, die provinsie van priesters.
Die tweede funksie, die gevegsgees of mag, was die gebied van die krygers en
die god Indra, terwyl die derde funksie, dié van vrugbaarheid of groei, die boere en telers van diere se saak was.
Soos ander ontdekte tekste bewys het, is die Hetitiese godehemel eintlik ontleen van (of deur) die Horiete. ‘n Spesifieke verdrag was tussen die Hetitiese Koning Shuppilulima en Mattiwaza, koning van die Horitiese koninkryk van Mitanni circa 1350 vC, maar is egter gelys tussen die goddelike getuies “Mithra-ash, Uruwana, Indra, en die Nashatiyanu gode, die presiese Mithra, Varuna, Indra en die Nasatya gode van die Hindu godehemel! Zecharia Sitchin, “The Wars of Gods and Men”.
Zoroaster noem homself ‘n zaotar (Indiese ‘hotar’) in die Gatas (Yasna 33.6). Hy het ook die ou poëtiese vorm behou, want die afmetings van sy Gathas is dieselfde as dié van die Vedas. Hy het verder die begrip van asha, ‘waarheid’, die rta van Indië, verhoog, en woorde gebruik in dieselfde verband as in die Vedas.
Zarathustra was die seun van ‘n priester van ‘n pastorale stam. As seun het hy baie besorgdheid getoon teenoor andere en was diep geïnteresseerd daarin om die waarheid van godsdiens te vind. Teen die ouderdom van 30, of bietjie ouer, het hy ’n beslissende godsdienstige ervaring gehad waarin hy die engel Vohu Manah (letterlik “Goeie Gedagte’ – ‘n aspek of afgesant van God) teëgekom het. Die engel het hom in geestelike vorm vervoer na die groot gees ‘Ahura Mazda’, die ‘Wyse Heer’ – van toe af Zarathustra se benaming vir God.
Die god wie hy aangespreek het as Ahura Mazda, het verskeie eienskappe gehad – eties en hemels, van die god van die lug Varuna, ‘n sentrale figuur van Vediese godsdiens .... maar die inheemse godsdiens van die vroeë Iran het ook geglo in ‘n horde ander gode en geeste – Mithra, Vay, Yima, die fravashi, ens.
Zarathustra het die gode geëwenaar met bose geeste, wat mense verlei het van die ware aanbidding van die een Gees. Hy het dikwels vir Druj genoem, die “Leuen”, wat ‘n bose mag was in stryd met Ahura Mazda. Die hoof bose gees in diens van Druj, was Angra Mainyu.
Zoroaster se kosmologie was gebaseer op die begrip van ‘n stryd tussen goed en sleg. Zoroaster het gesê dat hierdie stryd oor ‘n periode van 12 000 jaar, verdeel in vier stadiums, sou plaasvind.
Die eerste stadium het bloot bestaan uit ‘n geestelike sfeer, waartydens ‘n hoofgod die fisiese heelal ontwerp het.
Gedurende die tweede stadium, is die materiële heelal geskape, gevolg deur die
ingang van die hoofgod se teenstander tot in die nuwe heelal met die doel om
probleme te veroorsaak.
Die derde stadium het bestaan uit ‘n stryd tussen die hoofgod en sy vyande oor die lot van die baie siele wat die heelal sou beset.
In die vierde en finale stadium, sou die hoofgod ‘n groep redders stuur wie
uiteindelik die vyand sou verslaan en redding sou bring aan alle geestelike wesens in die heelal. Volgens Zoroaster se model, is die wêreld nou in die vierde stadium.
Die hoof ritueel van Zoroastrisme, die vuur-seremonie, kom blykbaar uit die vroegste tye in die Zoroastriese tradisie – miskien van Zarathustra self, wie, volgens latere tradisie, dood is tydens die uitvoering van die vuur-offerande.
Daar bestaan min twyfel dat Zarathustra die ou Ariaanse vuur-offerande toegepas en probeer reinig het, wat gesentreer het om die figuur van Agni in die Vediese liedere.
Gedurende die Acheïenediese dinastie het daar ‘n neiging ontwikkel om die kultus van minderwaardige godhede te herstel binne die raamwerk van Zoroastriaanse geloof in Ahura Mazda se heerskappy. Die Amesha Spentas bv., was meer persoonlik. Die fravashis, of voorvaderlike geeste, alhoewel hulle met die hoogste deel van die menslike persoonlikheid identifiseer het en so die latere doktrines van onsterflikheid binnegegaan het, is herstel in die vorm van beskerm-engele.
Die Magi het die Zoroastriese beweging opponeer toe dit die eerste keer deur Persië versprei het. Hulle is in die nuwe godsdiens ingetrek a.g.v. hul uitmuntendheid as priesters en towenaars. Die magi het sekere praktyke in Zoroastrisme ingebring wat die geloof van ‘n karakter meer rituele en magiese magte as die etiese gegee het. Die latere dele van die Avesta het veel te sê oor towerspreuke en oproepinge. Daar was ‘n aansienlike vermenigvuldiging van die mitologie van boosheid: ‘n hele hiërargie van geeste is geplaas onder leierskap van Angra Mainyu.
Nieteenstaande die feitlike bemaking van die godsdiens in sy tuisland, het dit bygedra tot die stroom van westerse godsdienstige geskiedenis. In die oosterse denke, het die Zoroastriese beweging ‘n idee gehad van latere Redders wie die mensdom sou help in die rolspeling van ‘n deel van die ontstaan van die Bodhisattva kultus in die Groter Beweging Boeddisme. Handelaars en reisigers moes sekerlik idees oor godsdiens uitgeruil het terwyl hulle langs die sy-roetes van Sentraal Asië na China beweeg het. Dit is ook moontlik dat die Mazda magiese idees later in Taoisme ingegaan het, deur Chang Tao-ling. Oosterse idees het bygedra tot Manichaeisme.
Zoroastriese tweeledigheid, waarin goed deur kwaad teengestaan word, het beide
Judaisme en die Christendom beïnvloed.
MITHRAïSME:
As ons die Konstantynse, Mithraïstiese en vrugbare Heidense agtergronds-omgewing van die Romeine verstaan, sal dit help om baie oortuigings en praktyke wat vandag gesien word, te verstaan. Mithraïsme handel oor aanbidding van die son, genoem Mithras Solis Invictus (Mithras, die onoorwonne son). Die “geheimenisse” van hierdie godsdiens is slegs openbaar gemaak aan die ingelyfdes wat voorheen soldate van die Romeinse mag was.
Hulle het hierdie godsdiens oor die beskaafde wêreld heen versprei deur middel van die goeie Romeinse paaie. Mithraïsme was die primêre godsdiens van die Romeinse Ryk vanaf vCE 222 deur die 4de eeu CE. Dit was die grootste mededinger van die “Christendom”; laasgenoemde het, volgens die geskiedenis, radikaal gekompromeer om heidene in “gelowiges” te verander. Teen die 4de eeu CE, het die sekte van Judaisme, genoem die N’tzarim nie langer openlik bestaan nie, en gnostiese klone daarvan het oral ontstaan en begin kompeteer met Mithraïsme vir oorheersing.
Een geskiedkundige het gesê, “Die algehele Europese kontinent en Nuwe Wêreld sou vandag Mithraïsties gewees het, as die Christendom nie tussenbeide gekom het nie.”
Ander geskiedkundiges het dit anders gestel: “Die Christendom het nie die Mithraïstiese Heidendom oorwin nie. Mithraïsme het ingeskakel, en NAME VERANDER.”
Die doktrine, fees-datums, rituele, monderings en organisatoriese struktuur het feitlik niks verander nie. Die godsdiens van Mithraïsme self, was die gevolg van ‘n samesmelting van die astrologie van die Chaldeeuse priesters van Marduk (Baal), met die Indo-Iranese priesters van Mithras.
Die songod Mithras, word genoem in die “heilige skrifte” van beide kultusse; die Avesta en die Vedas. Die songod word in beide genoem “DIE HERE” . Die Hindu Krishna word genoem DIE HERE – onthou die woorde in die lied, My Sweet Lord - deur George Harrison waar vokaliste “hare Krishna” dreunsang, afgewissel met hallelu Yah? Die hele tyd vermeng die lied hierdie konsepte onder die onpersoonlike, ongedefinieërde en vae titel, “HERE”.
MITHRAïSTIESE DOKTRINE
1. Die middelpunt van die Mithraïstiese son-kultus was in Rome.
2. Die leier van die rituele diens is genoem pater, Latyns vir vader – oorgeneem deur die priesterdom van Katolisisme (teen Mat. 23:9), en hulle het kruise as hangertjies gedra, met swart kostuums met NEHRU krae, oorspronklik uit Indo-Iranese wortels.
3. Daar was ‘n Pater-Patratus oor die paters; ‘n papa, of pous.
4. Die hiërargie geïnisieërdes onder die pater, is genoem broers.
5. Slegs mans kon aan die kultus behoort.
6. Die kultus het ‘n Drie-eenheid gehad: Mithras, Rashnu, en Vohy Manah – 3
“persone”, maar slegs “een”.
7. Son-dag is geheilig tot eer van Mithras, die son, genoem Mithras Solis Invictus.
Vandaar ons gewilde naam vir die eerste dag van die week, Sondag. Die gewoonte om op ‘n Son-dag te rus, kom direk na ons deur wat genoem word die Blou Wette, eerste deur die Romeinse Ryk afgedwing, toe deur die Westerse tradisies tot in ons “Nuwe Wêreld”. Die edik is geïnisieër deur Konstantyn 1, wat amptenare, ambagsmanne of handelaars verbied het om enige werk te doen op die Son-dag, om eer te gee aan die son, Mithras.
8. Daar was 5 vlakke binne die hiërargie.
9. Die 25e Desember is gevier as Mithras se Verjaardag, genoem ‘Natalis Invictus’, die hergeboorte van die winterson, onoorwonne.
10. Geïnisieërdes moes ‘n rituele besprinkeling deurgaan, (begieting, onder ‘n bul, of Taurus, wat keelafgesny is, en die geïnisieërde moes deurweek word. Die gebruik van bloedige bulgevegte soos in Spanje dateer uit hierdie kultus. Die gebruik om Christelike “dope” in die Lente uit te voer tydens Paastyd, sal ‘n groter betekenis kry as die volgende inligting in ag geneem word).
11. Spesiale waarde is toegeskryf aan die morele deugde van godsdiens, egtheid,
reinheid en vrygewigheid.
12. Mithraïste sou die “paradys” binnegaan (‘n Persiese woord, ook genoem Eleusian [Illusion?] Fields, Nirvana en ‘Nether World’) deur die Drie Stappe:
A. Die Goeie Gedagte
B. Die Goeie Woord
C. Die Goeie Daad
13. Die kultus het die goddelike reg van konings ondersteun (insluitende Keiseraanbidding)
14. Die pater (vader) het aan die einde van ‘n langwerpige kamer gestaan en
geheimsinnige bloed rituele uitgevoer; daar was ‘n binnenshuise “altaar” by hom,
waarop ‘n slagoffer (Latyns, “draer”) geoffer is. Hulle het ‘n son-vormige wafelskyf
gehad soos die Egiptenare, en die samekoms het gelyktydig gekniel, gesit en
gestaan. Dit was gedurende hierdie tyd van die “botsing” toe Christendom en Mithraïsme saamgesmelt het, dat Jerome die Griekse Skrywes van die “Nuwe Testament” in Latyn vertaal het – (391-403). Sy regte naam was Eusibius Heirymonius Sophronius. Hy het die Griekse woord SAUROS (balk, stok, paal) geneem, en dit oorgedra in die Latynse woord CRUX. Dit was ‘n belangrike verskuiwing in die betekenis van die oorspronklike woord. Die Hebreeuse woord was ‘NAS’, gebruik vir die woord “PAAL” waarmee die slang opgelig is.
Vir ‘n Mithraïs het die CRUX ‘n belangrike godsdienstige betekenis. Dit kon aangebied word as ‘n “X” of ‘n vertikale lyn wat horisontaal gekruis is. Gedurende die lente wanneer die Mithraïste ‘n Taurus (bul) geoffer het, het die son die hemelse ewenaar “GEKRUIS” en dit was in die zodiac teken van die Taurus. (Zodiac beteken eintlik diere-figure, verwant aan die woord “zoo” (dieretuin). Hierdie rasende Heidene het dit vertolk as die son (Mithras) wat die bul oorwin, en die hemelse ewenaar “kruis”, dus was die kruis hul mees geliefde godsdienstige simbool. Die kruis, ‘n simbool van baie verskillende Heidense kultusse oral oor die wêreld, is wat leerlinge noem “die simbool van die son, by uitstek”.
Die woorde wat ons oorgeërf het van “Jerome” se Latynse vertaling, sluit kruis, kruisiging en herderstaf in. Dus, “kruis” is ‘n Latynse uitdrukking. In een van sy Babiloniese vorms, is dit getitel crux, met ‘n pylpunt by die hoogste kant, verteenwoordigend van Nimrod wat op die toring staan en sy pyl na die hemele skiet. Dit was ‘n pyl en boog. Dit mag moontlik ook wees dat hy na die konstellasie van Taurus geskiet het. Dit is die skakel met die “Goue Kalf”-YHWH. Ons noem nog steeds die middelpunt van ‘n boogskiet teiken, die “bull’s eye”. Die teken van die “kruis” was ‘n Heidense teken van “oorwinning”. Die Babiloniese konstellasie “Orion” die Jagter (Boogskutter), verteenwoordig Nimrod van Babilon. Heidene het Astromansie (sterre-aanbidding), Pyromansie (vuuraanbidding), en Nekromansie (geestesbeswering), beoefen, asook ander okkultiese vorms van waarsêery, en die kruis was baie nou gekoppel aan hierdie rituele – en is nog steeds. ‘n “Swart Mis” gebruik die kruis en dit is gepraktiseer lank voordat die Christendom bestaan het. Laat ons ons geestelike prioriteite in plek hou soos ons voortgaan, en kyk of die Merk van die Dier op enige manier gekoppel kan word aan Son-dag, die son self in Heidense aanbidding, en die Heidense simbool van die son.
Sedert die idee dat Moeder Aarde gedurende die lente (Ishtar of ‘Easter’) bevrug is, was die Babiloniese simbool vir “vrou” ook ‘n kruis, met die son-sirkel bokant dit (die son het die “bevrugting” gedoen). Indien jy Konstantyn navors, sal jy agterkom dat hy ‘n visioen van die son gehad het met ‘n “Kruis” onderkant dit, dieselfde simbool wat vandag in biologie gebruik word vir “vroulik”, ‘n tipe van “ankh. Die sirkel word ook vertolk as die son, en “sirkusse soos dié gehou deur Caligula, was okkultiese godsdienstige vertonings, met diere van die Zodiac en drie “ringe”. Die Olimpiese Spele vandag, gebruik 5 ringe as ‘n logogram, verteenwoordigend van die 5 oorspronklike planetêre godhede wat in Babilon aanbid is.
Om die waarheid te sê, dit is steeds die gebruik om ‘n brandende fakkel te dra, aangesteek by die “heilige vuur” altaar op die Berg Olimpus, na die plek waar die spele gehou word. Waar die spele gehou word, word ‘n altaar, toegewy aan Zeus, aangesteek met hierdie fakkel, sodat al die nasies en atlete wat deelneem, onwetend vir Zeus aanbid. Die hele wêreld volg agter die “Dier”, deur hierdie gefossileerde gebruike! Jy kan dus sien dat daar baie maniere is waarop ons ‘n leuen kan leef en ‘n “merk” of uiterlike teken kan hê dat ons hierdie dier volg.
Menslike tradisies mag op die oog af onskuldig voorkom, maar hul oorspronge kan maklik opgespoor word terug tot in die antieke Heidendom, en dit is gruwels.
VREEMDE VERSKYNSEL:
Christene vandag dink nie gewoonlik daaraan dat hul “Jesus” ‘n Grieksprekende Judeër was nie, hulle besef ook nie Hy was ‘n “rabbi” en dat Hy deur baie in die Brit Chadasha so genoem is nie. Tog gebruik hulle ook die “verskoning” dat die TaNaKh (Ou Testament) hoofsaaklik geskryf is vir “Jode” en deur “Jode” aan “Jode”, dus is Gebooie soos onderhouding van die Sabbat om onderskeid maak tussen “rein” en “onrein” nie op hulle van toepassing nie. Wanneer verse kwoteer word uit die TaNaKh (O.T.), is die reaksie dikwels, “maar dit is die Ou Testament”. Net so, sal ongelowige Jode ook nie die Brit Chadasha erken nie. Kan julle jul indink dat Paulus of Petrus daar sou staan en ‘n gedeelte uit die TaNaKh kwoteer en daar word vir hulle gesê, “maar dis die Ou Testament”?
DIE CHRISTENDOM SE HEIDENSE KONNEKSIE
Konstantyn is die konneksie tussen die Heidendom en die geloof in die Judese Messias. Verduidelik as “kultuur-vermenging”, het die Heidendom die boodskap van belydenis vergiftig tot feitlik onherkenbaar. Indien jy enige aspek van die groei van die Christendom bestudeer, sal jy een bloedbad na die ander vind. Indien jy sou voortgaan in ‘n soeke na die ergste vervolging van Christene deur Heidene, sal jy vind dat dit ‘n piekniek in die park was in vergelyking met wat “Christene” oor baie eeue heen aan nie-Christene gedoen het, en selfs aan mekaar in verskeie worstelinge om beheer.
Konstantyn het Christenskap as die Romeinse Staatsgodsdiens verklaar, maar die vorm was ver van enigiets bekend aan die eerste Nasareners. Konstantyn moes die menigtes van Heidene (meestal sy soldate) laat SAAMSMELT met die Nasareense geloof, ten einde sy groot ryk te kon beheer. Hierdie versoening, of samevoeging van die Nasareense geloof met Mithraïsme, se eindproduk is wat ons vandag sien as “Christendom”. Hy het die “kruis” die primêre simbool van hierdie nuwe samesmelting gemaak, en die Heidene saamgetrek rondom die emosionele betekenis daarvan. Die hoof saak by sy Nicene Raad in 325 CE, het plaasgevind op die datum van “EASTER”, weereens die mees belangrike punt in die Heidense begrip wanneer die son die Zodiac “kruis” by Taurus.
Konstantyn het Mithras en “Christus” saamgevoeg, en het ontleen van die Heidense agtergrond van son-aanbidding vir elke vertolking. Baie van die Pastore in die Christendom weet hierdie dinge, maar haal dit nooit op nie. Meeste gee nie om nie, dis net nog ‘n werk.
‘n Paar is bang dat as hulle dit na vore sal bring, hulle wêreld uitmekaar sal val. Jy sal oplet dat indien jy hierdie dinge in die privaatheid bespreek met ‘n pastoor, hy twee of drie verse uit Paulus se briewe sal uithaal en daarna versteen – nie gewillig om die waarheid te ondersoek nie. Hy wil nie werklik tot op die bodem hiervan delf nie, want dit sal alles wat hy leer en leef, ontmasker as ‘n leuen.
Die sekulêre bevolking leef ook in hul eie droomwêreld. Sommige is idealiste, en gaan sorgvry deur die lewe, tevrede met die weervoorspellings en sport-uitslae. Daar is baie dinge om jouself mee besig te hou, maar baie min mense kan werklike inligting kry en dit in ‘n betekenisvolle vorm plaas.
Die Romeinse Dier se kragtigste instrument is die kalender, of soos ek dit noem, die groot “treknet”. Wanneer mense daarvan bewus gemaak word dat die ou Babiloniese “ritmes” ingebou is in die jaarlikse siklusse van Son-dag, Kersfees, Paasfees (Easter) en Halloween, maak dit soms hierdie rituele nog meer aantreklik vir hulle.
Die “Oosterse” godsdienste het baie westerlinge begin fassineer, en hulle soek na
versteekte geheimenisse daarin – en noem dit “Nuwe Era”. Een onlangse beweging van ‘n Nuwe Era kultus, is die omhelsing van die Standbeeld van Vryheid (Statue of Liberty) as ‘n afgod. Hulle plaas lelies naby ‘n gedenkplaat met ‘n gebed daarop, aan haar gerig as Moeder Aarde. Hierdie enorme beeld is ‘n afbeelding van die Babiloniese godin van Dageraad, Moeder Aarde. Die “vryheid” wat sy aan die mense op die Aarde bied, is vryheid van die Skepper se patroon vir lewe:
“WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? 2Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: 3Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!”
Dit staan in Psalm 2 en is opsommend van hoe mense daarna soek om “vry” te wees om hul eie weg tot geluk te kies.
Koningin Semiramis behou haar beeld, alhoewel sy ‘n heks was. Die beeld was ‘n
geskenk van die Franse aan Amerika, ‘n groter replika van ‘n standbeeld van die songodin op ‘n brug in Frankryk. Die globale “geheime organisasies” gekoppel aan die Illuminati weet alles hiervan, en hulle maak net seker dat die gewone mense gemanipuleer word om hul agendas uit te voer.
Hulle verwys na ‘n gewapende magte as “kanonvoer” en gebruik oorloë om meer geld te maak en bevolkingsgetalle onder hul beheer te hou. Die liefde vir geld en olie dryf hierdie boosheid aan.
Konstantyn het die onderskeidingsteken, genoem die “labarum” aanvaar, ‘n kruis met ‘n krans daarbo met die Griekse letters CHI en RHO aan die binnekant. Hy het dit op die skilde van sy soldate laat sit as die “Christelike” kenteken om voort te gaan in oorwinning.
Later is die “Kruisvaarders” uitgestuur terwyl die plunderende moordenaars groot rooi kruise voor op die bors gedra het. Die woord “Kruistog” verwys na hierdie kruis (crux). Hierdie foute het die wêreld oorweldig omdat dit in groot duisternis is. Rabbi Jesus het gekom om Sy volk oor die wêreld te leer, maar dit het Sy leringe nie aanvaar nie. Daarom, wanneer die tyd aanbreek, sal die wêreld gestraf word, skuldig bevind word aan die wandade teen Hom, en die gehoorsame kinders van die Vader sal dit beërwe. Daar is ‘n gesegde wat sê dat ‘n wyse man met sy vinger na die maan gewys het. Die idioot het slegs die vinger dopgehou.
As ons kyk na die uitkoms van Christendom oor die laaste 1600 jaar, wil dit
voorkom dat die hele punt baie vroeg al verlore was. Konstantyn se regering het probeer om ‘n probleem “reg” te maak, en dit net vererger. Dit is ‘n treurige ding om te sê, maar regerings het nie veel verander wat dit betref nie.
Gedurende die ver”Christeliking” van die Noorse gebiede en gedurig deur die Kruistogte, het mense die keuse gehad: BEKEER OF STERF. Toe het die 600 jaar heerskappy van terreur gekom deur die inkwisisie.
KAN DINGE WERKLIK OPHOOP.
(Dogma uit die Katolieke Ensiklopedie)
ROMEINSE KERK TYDLYN:
Datum DOGMA
CE 300 “Doop” deur onderdompeling verander na besprinkeling
CE 300 Gebede vir die dooies. (Teen Deut. 18 & Jesha Yahu 8).
CE 310 Maak die “teken” van die KRUIS
CE 325 Banvloek (dood) verklaar aan enigiemand wie byvoeg of verander aan die
geloofsbelydenis van Nice (Sien jare 1586 & 1560).
CE 370 Raad van Laodicea verwerp Apokriewe, noem Sabbats-onderhouers
“Judaïete, verdien die dood.
CE 375 Verering van engele en gestorwe heiliges.
CE 394 Die Sakrament van die Mis, Missa Recitata, Lae Mis, priester +1, Missa Cantata, Sang Mis, priester +1,Missa Solemnis, Hoë Mis, priester + 2, Missa Poritificalis, Biskop + priester + ?
CE 431 Die aanbidding van Miryam (Maria).
CE 431 Miryam “Koningin van die Hemele” (teen Yerme Yahu 7:18, 44:17, 44:25).
CE 431 Miryam “ewige maagd” (teen Matt. 1:25, Mark. C3, Yn. 22-4).
CE 431 Miryam “Mediatrix” (teen 1 Tim. 2:5; Matt. 11:28; Pred. 9:6). Priesterdom begin “priesterlike klere” aantrek.
CE 526 Sakrament van “Uiterste Salwing.”
CE 593 Doktrine van “Vagevuur” – deur Gregory (teen Joh.5:24; 1 Joh. 1:7-9;
2:1,2; Rom. 8:1).
CE 600 Latyn enigste taal toelaatbaar vir gebed (teen 1 Kor. 14:9).
CE 709 Bevel om die voete van die pous te soen (teen Hand. 10:25,26;
Open.19:10
CE 750 Wêreldlike Mag van pous verklaar (teen Mat. 4:8,9; 20:25,26, Yn.18:38).
CE 754 Raad van Konstantinopel beveel verwydering van alle beelde en
uitdelding van beeld-aanbidding.
CE 785 Miryam “mede-verlosser” (teen Hand. 4:12; Ps. 14:7, Yisraeliete / Heb.
7:25).
CE 788 Miryam “aanbidding” (teen Rom. 1:25; Yesha Yah u 42:8; Yn. 7:10).
Aanbid kruis, vertrou en beelde weer ingestel (teen Eks. 20A; Deut. 27:15;
Ps. 115). Aanbidding van kruis, afdrukke en beelde heringestel (teen Eks. 20:4;
Deut. 27:15; Ps 115).
CE 850 Versinsel en gebruik van “heilige water”.
CE 890 Verering van St Josef, man van Miryam.
CE 965 Doop van die klokke – seremonie waarin klokke werklik “gedoop” word om
demone te verjaag en om die uitverkorenes te roep tot aanddienste wanneer geseënde klokke gelui word. (soos op kerktorings vandag)
CE 995 Heilig-verklaring van gestorwe heiliges (teen Rom. 1:7; 1 Kor. 12).
CE 998 Vas op “Vry-dae” en gedurende “Lent” (teen Matt. 15:11; 1 Kor. 10:25;
1 Tim. 4:1-8).
CE 1079 Ongehude staat van priesterskap/priesterbeleid verklaar (getroude
priesters is beveel om hul vroue te verwerp (teen 1 Tim. 3:2-5; 3:12; Matt.
8:14,15).
CE 1090 Instelling van bidsnoer krale, of “rosekrans” (teen Matt. 6:7; Deut. 18;
Yesha Yahu 8 – ook, Boeddhisme, Shinto en Islam gebedspraktyk).
CE 1190 Aflaatgeld (teen Efes. 2:6-10). Vir diegene wat nie weet nie, dit was ‘n
praktyk waar mense werklik die amptenary betaal het om tyd af te koop
wat hulle in die “Vagevuur” sal moet deurbring na hul dood. Hulle is dus in
die duister gelaat oor die waarheid.
CE 1215 Dogma van “bevestiging” verklaar (teen Luk. 22:19,20; Mark. 13:21; Yn.
6:35; Matt. 24:23-28; 1 Kor. 11:26 – dit was werklik ‘n geval van die idioot
wat die vinger dopgehou het!)
CE 1215 Belydenis van sonde aan die priester beveel (teen Ps. 51:1-10; Luk. 7:48
& 15:21; 1 John 1:8,9).
CE 1220 Aanbidding van die wafel “draer” (matzah aanbidding! Teen Yn 4:24).
CE 1229 Skrifte verbied vir “leke” (teen Yn. 5:39; 8:31; 2 Tim. 3:15-17).
CE 1265 Miryam se huis deur ‘n engel verskuif na Lorento, Italië.
CE 1287 Skouerkleed beskerming uitgevaardig (bruin materiaal gelukbringer met ‘n
prent van maagd toegepak met teeblare, bevat blykbaar bonatuurlike magte
of “deugde” om die draer te beskerm.
CE 1414 “Beker” verbode vir leke tydens “nagmaal” (‘n radikale verdraaiing van die
Pasga, die jaarlikse herdenking van Jesus se dood).
CE 1439 Dogma van sewe sakramente (teen Matt. 28:19,20 & 26:26-28).
CE 1439 Vagevuur word as geldige dogma verklaar (teen Matt. 25:46; Luk. 23:43).
CE 1508 Miryam, Moeder van GOD (teen Matt. 12:46-50; Mark. 8:19-21; Hand.
1:14).
CE 1545 Kerktradisie gelyk aan die Skrif (teen Matt. 15:6; Mark. 7:7-13; Kol. 2:8 –
voeg ook by al bogenoemde en baie ander dogma tot die Raad van
Nice!).
CE 1560 Geloofsbelydenis van pous Pius IV uitgereik (teen Gal. 1:13).
CE 1580 Pous verklaar as “HERE GOD”.
CE 1593 “Ave Maria” aanvaar.
CE 1710 Opgestopte donkie in Verona, Italië, by Kerk van die Madonna van die
Orrels, verklaar as die werklike dier waarop Rabbi Yahushual Yahusha ha
Mashiach Yerushallyim binnegery het.
CE 1854 Onbevlekte Bevrugting van Maagd Miryam (teen Rom. 3:23 & 5:12; Ps.
51:5; Yerme Yahu 17:9).
CE 1864 Miryam is “sondeloos” (teen Luk. 1:46,47; Rom. 3:10-19 & 23).
CE 1870 Pouslike foutloosheid verklaar (teen 2 Thess. 2:2-12; Open. 17:1-9; 13:5-
8, 18).
CE 1907 Alle wetenskappe veroordeel.
CE 1922 Pous verklaar as “Jesus Christus”.
CE 1930 Alle openbare skole veroordeel.
CE 1950 Verklaring van die liggaamlike aanname van die Maagd Miryam in die
Hemel.
BABILONIESE WORTELS
Die NG Kerk verkondig Rooms Katolisisme en elke sodanig oorblywende lering wat steeds in alle Protestante Kerke soos die N.G. Kerk geleer word sedert die Reformasie. Hulle verskil dus geensins van die Rooms Katolieke Kerk en die misleidende gees van Konstantyn – die geestelike vader van baie van sy doktrines.
Hulle verkondig die sakrament van die Kinderdoop en die doktrine wat sê dat die doop in die plek van die Ou Testamentiese besnydenis gekom het, en daarom aan kindertjies bedien moet word vóór bekering. Dis ook Rooms Katoliek, en dus antieke heidense wortels, wat manifesteer in die vorm van Son/Baal-aanbidding.
Deur die kinder doop het ons voorvaders en – moeders sodoende Baal (of die Son) aanbid. Hulle het ‘n hierdie valse verbond tussen ons en ons ouers, en die Songod (of Nimrod/ Baal/ Osiris/ Ra) gesluit. Hierdie was ‘n simboliese en geestelike merk van die Songod op ons voorkop, waar dit fisiek tydens die ritueel aangebring is. (Op. 14:1).
Daardeur het hulle ‘n verontreiniging en vloek op ons laat kom dmv hierdie verbond (bv. geestelike hoogmoed, geestelike selftevredenheid, geestelike kragteloosheid, geestelike blindheid, ens). (Vernietig die Doopseël liewer fisiek). In die Naam van Jesus moet ons hierdie demoniese seël oor ons lewe breek en die lewens van ons nageslag (Op. 5:5).
Hulle glo dat deur ‘n verklaring jy lidmaatskap van die Liggaam van Christus verkry dmv ‘n verbond wat met die Kinderdoop verseël word, tesame met die openbare belydenis van jou geloof (soos in die formulier beweer word). Hulle verloën dus die feit dat ons aan die Liggaam van Christus behoort deur geloof en bekering. (Hand.2:36-40 en Rom. 6)
Hulle vereis ‘n plegtige eed wat jy voor getuies aan die Kerk moet maak het dat jy “in die belydenis van die leer [soos dit in alle Protestante Kerke geleer word] tot die einde van jou lewe sal volhard, en alle leringe wat daarvan afwyk, sal verwerp.” Dis totaal heidens en nie Skriftuurlik nie.
Hulle lering stel jou bloot aan ‘n gees van verwerping, vervreemding of veroordeling wat jou eie of die lewens van jou gesin kon binnekom agv tugstappe wat deur enige Protestante Kerk teen jou, jou voorouers of jou gesin geneem is itv doop-aangeleenthede.
Heidense Simbole van die NG Sekte:
1.Die seël van die NG Kerk bevat die volgende allegoriese (dws dit het ‘n dubbele betekenis: ‘n ooglopende een, sowel as ‘n verskuilde een), okkultiese simbole, in sy totaliteit:
2.Die Hemelkoningin (uitgebeeld as die Dame van Goeie Hoop – met ‘n anker, en ook as Geloof – wat ‘n boek vashou) wat by baie waters sit.
3.Die Vrymesselaars-altaar.
4.Die Vrymesselaars se gevormde steen (die “smooth ashlar”
of “kubus” waarop sy sit).
5.Die handelskip van Babilon.
6.Die Songod (Nimrod/Osiris/Baal/Ra).
Die NG Kerk is verknog oor die Stad van Babilon (Rome), van haar towerkrag, geldmag,
seksualiteit, afgodsdiens, musiek en heksery.
Indien u uit die NG Sekte wil bedank, vra ek om die volgende gebed hardop die doen.
Onse Vader Jesus Christus;
Ek kom as ‘n nederige en sondaar na u om my sondes aangaande afgodediens wat ek onwetend gedoen het voor u te bely.
Ek verloën elke kontrak met hierdie Babiloniese NG Kerk sekte, asook haar mag oor my en my gesin. Ek verloën die rykdom van haar skepe en handelsware (Op. 18:17),
soos uitgebeeld op die seël van die NG Kerk. Ek verklaar ‘n geestelike egskeiding tussen my en my gesin, en die Stad van Babilon.
In die Naam van Jesus sny ek my en my gesin los van die Hoer van Babilon wat by baie water sit (Op. 17:1), sowel as die gees van Isébel. Ek sny myself ook los van enige mag wat hierdie Seël en gees oor my en my gesin mag hê. Here Jesus, ek verklaar dat die Lam van God die Een is wat waardig is om alle seëls oop te maak (Op. 5:5), en vra dus in U Naam dat hierdie seël oor my lewe gebreek word.
Ek verloën die geestelike baarmoeder, of kammossel (scallop shell), waaruit die Hemelkoningin (Venus, Semiramis, Isis) na bewering gebore is uit die see (Soos uitgebeeld op die Kweekskool te Stellenbosch). In die Naam van Jesus sny ek my
en my gesin los van die waters van die aarde en die geesrealm, en sny ek elke geestelike naelstring wat my met sodanige waters verbind.
Ek verloën Juno, die Romeinse manifestasie van die Hemelkoningin, wat uitgebeeld word as ‘n neerdalende duif op die NG Kerk logo of enige ander Kerk logo.
Ek verloën die geheime organisasie van Vrymesselary, en elke gees wat met hierdie organisasie gepaard gaan. Ek verloën die drie manifestasievorme van die Hemelkoningin in hierdie beweging, naamlik Geloof, Hoop en Liefdadigheid (Faith, Hope &
Charity).
Ek verloën elke Vrymesselaarsimbool wat in en rondom alle Protestante Kerke gebruik word, soos:
Die pilare van Jakin en Boas, wat by vele Kerkgeboue se ingange aangebring is. Ek verklaar dat die menslike liggaam in die konteks van ‘n gemeente wêreldwyd, die Liggaam van Christus, sowel as die liggaam van elke gelowige individueel, die tempel van God is, en nie enige kerkgebou wat pilare dra by sy hoofingang soos die Ou Testamentiese dier besmette tempel van Salomo nie.
Die obelisk (wat op grafte by alle Kerke voorkom) en die geeste van Egipte en die dood wat daarmee gepaard gaan.
Die gevormde steen (“smooth ashlar” waarop die Hemelkoningin sit op die NG Kerk Seël) en die geestelike selftevredenheid, valse rus en valse outoriteit wat daarmee
gepaard gaan.
Die Vrymesselaars-altaar (waarby die Hemelkoningin sit op die NG Kerk Seël) en die vals drie-eenheid van Osiris, Isis en Horus wat daarmee gepaard gaan (die drie ligte van Vrymesselary).
Ek sny myself en my gesin los van die kragte en invloed van die songod – die god van Vrymesselary, sowel as die Alsiende Oog van Horus, ‘n Egiptiese god, wat valslik in sommige Kerke uitgebeeld word as die “Alsiende Oog van God.”
In die Naam van Jesus Christus kanselleer ek elke woord wat in die sonkamers ingeprogrammeer is en deur my voorgeslagte verseël is deur hierdie verbonde. Here Jesus, ek bid dat U al hierdie stemme sal stil maak.
In Jesus Naam verbreek ek die beheer wat enige siklusse van die songod op my lewe mag hê (bv. seisoene van teenspoed, of slegte ure van die dag of nag). In Jesus Naam sny ek my los van die invloed wat die son se strale oor my en my gesin mag uitoefen (Ps. 121:6).
Ek verloën die aftakeling van Apartheid - wat die NG Kerk op ‘n sekere stadium tog in die SA geskiedenis gekondoneer het. In die Naam van Jesus sny ek my en my gesin los van die vloeke wat met sodanige dade van vermenging en Bileam-gesindhede gepaard gaan.
Ek verloën die voormalig geheime organisasies van die Broederbond, waarvan honderde leiers en lidmate van alle Afrikaanse Kerke lede was. Ek bely enige gevoelens en behoeftes aan grypsug, wellus na mag en beheer, en die kulturele moord op my volk en minderwaardigheid wat die lidmaatskap van hierdie geheime organisasies veroorsaak het.
Ek bely die bydrae wat my voorouers dmv die Broederbond en die Afrikaanse Kerke gemaak het tot die daar stelling van die drakoniese A.N.C regering asook die onbeskryflike trauma wat hierdie instansie vir miljoene van my landgenote veroorsaak het.
Almagtige Jesus, ek vra om vergifnis hiervoor. Ek verklaar dat voor God daar onderskeid tussen rasse en nasionaliteite is (Deut. 32:8-9, Rom. 9:4-5), dat God sy son laat opkom oor die slegtes en die goeies van ons volk, en dit laat reën oor dié wat goed doen, sowel as dié wat sleg doen (Mat.5:45). Daarom vra ek dat U ons volk oor hierdie sondes nie sal uitwis nie.
Vader, nou verstaan ek ook wat Openbaring 14:1-4 vir my verduidelik: (Vers 1) “En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. (Vers 2) En ek het ‘n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ‘n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters. (Vers 3) En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is. (Vers 4) Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.”
Dit is duidelik dat hulle die is wat hulle nie met kerke besoedel het nie omdat die vrou wat die hoer en haar dogters is die kerke voorstel. (Openbaring 17:1-2) “En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, (Vers 2) met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery (Vers 5) en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde..” (Openbaring 19:2) “Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.”
Verlos my van die kerke en hulle leerstellings.